Vuurslang (astrologie)

丁巳

Die Vuurslang (丁巳, dīngsì) is die 54ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vierde Hemelstam (丁, dīng; die element Vuur en Jin) met die sesde Aardtak (巳, ), gesimboliseer deur die Slang (蛇, shé).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurslangjaar het in 1977 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 18 Februarie 1977 tot 6 Februarie 1978.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search